Vrystaat Skole Netbal Kampioenskap. Die o.13A-span van Primêre Meisieskool Oranje het vanaf 16 tot 17 Junie aan die Vrystaat Skole Netbal Kampioenskap in Odendalsrus deelgeneem.
Oranje stap weg met die Vrystaat beker en dring deur na die SA kampioenskappe op 9 en 10 Augustus in Boksburg.
Uitslae soos volg:
- Oranje wen Laerskool Voluit 18 – 7
- Wen Primêre Skool Fichardtpark 14 – 8
- Wen Laerskool Truida Kestell 19 – 13
- Wen Laerskool Trio 20 – 10
Semi – finaal:
- Oranje wen Primêre Skool Jordania 13 – 5
Finaal:
- Oranje wen Tjokkies (Universitas) 14 – 11
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf