Vlnr: Dewald Vorster, Anke Oelofse en Megan Bester.
Hierdie week het afgeskop met Hoërskool Nelspruit se Tienertoneelstuk, “Val,gly…SKOTVRY!” wat NHS se leerders onlangs by die ATKV-kompetisie aangebied het.
NHS het sy jaarlikse kultuurweek Maandag, 26 Augustus, met die ATKV Tienertoneelstuk in die skoolsaal afgeskop. Vanjaar se inskrywing vir die ATKV Tienertoneel was “Val, gly … SKOTVRY!”
Dit is deur Nellies se eie leerders, Anja van Rooyen en Nina van Eeden, in samewerking met die regisseur, Frances van Niekerk, geskryf.
Dit handel kortliks oor die wel en weë van verskeie tieners wat weens ernstige oortredings in ‘n jeug-aanhoudingsentrum, BOSSASA KIDS, bly.
As gevolg van korrupsie is daar geen geld om die sentrum mee aan die gang te hou nie en word dit gesluit. Wat gaan van die kinders word?
Tydens die kompetisie op 31 Julie te Ermelo, het die stuk verskeie nasionale bronstoekennings ontvang:
Die verhoogbestuur: Aniska Breedt, Kathrine Rademeyer en Carmen Venter
Choreografie: Zelmy Joubert
Kanaries as emsamble: Anrich Eloff, Kethan du Plessis en Egan Grobler.