Agter vlnr: Simeon Momberg, CJ Smit en Tristan Nel
Middel vlnr: Kelly Botha, Jalize Herbst, Ansunet Bause en Ian Ter Haar
Voor vlnr: Juliana KotzƩ (onderwyseres), Mienke Kleinhans, Melissa Breedt, Marli Botha, DanƩe Pfaff, Amore Rossouw en Lynette Wolff (onderwyseres).
Groot opwinding heers vir 12 Hoƫrskool Strand-leerders en twee leerkragte, want vanaf 14 September tot 6 Oktober verruil diƩ groep Suid-Afrikaners hul tuisland vir Europa!
Dit is reeds die agtiende jaar wat Hoƫrskool Strand deel is van hierdie kulturele uitreik met Burgerschool in Roeselare, Belgiƫ. Dit bied aan twaalf graad 10-leerders die geleentheid om hulle horisonne te verbreed en om vriendskappe oor kontinente te bou.
Die groep skop hulle toer af met vier nagte in Londen. Vandaar vertrek hulle na BelgiĆ« waar die Belge met ān ongelooflike program vir hulle wag. Die groep besoek Brussels, Brugge, Ghent, Ieper en nog baie ander besienswaardighede in BelgiĆ«. Ā Hulle is ook gelukkig om ān nag in Parys, Frankryk te oornag. Die eerste dag besoek die groep die stad en die tweede dag is dit tyd vir Euro-Disney. Die groep gaan ook ān paar dae in die Burgerskool wees en ān stukkie van Suid-Afrika met hul leerders daar deel. Wat die program so uniek maak, is dat die leerders by twee Belgiese gesinne tuisgaan en daar leef, eet en ervaar wat Belge as alledaags beskou.
Die leerders kom terug met baie stories en die aangenaamste herinneringe, maar meer nog, bring hulle die ervaring terug van wĆŖreldreisigers. Hulle het ook elkeen twee families ryker geword en lewenslange vriendskappe gesmee.
Die Belge kom weer in Februarie 2020 na Suid-Afrika sodat die Arende vir hulle ook ons mooi land kan wys en hulle ook ons skool en manier van dinge doen kan ervaar.