Kristiaan Klopper Prostesefonds. Salomé Potgieter, ‘n graad 11 leerder aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het ‘n bydrae tot Kristiaan Klopper se Prostesefonds aan hom persoonlik oorhandig by Bethlehem Voortrekker Hoërskool, namens Witteberg. Mnr Hannes Oosthuizen, skoolhoof van Hoërskool Witteberg, het haar vergesel.
Kristiaan is gedianoseer met kanker. Hy is tans in matriek by Bethlehem Voortrekker Hoërskool.
Baie dankie vir die omgee-gebaar wat ‘n verskil in iemand se lewe kon maak!
Lees meer oor BHVS: