Kriel Junior Gholf Ope. Twee Erries, Bea Breedt, graad 11 en Arno van der Bank, graad 8 het Sondag, 28 Mei, aan die Kriel Junior Ope Gholftoernooi by die Kriel Gholfklub deelgeneem.
Bea en Arno het albei die Erries goed verteenwoordig en uitstekende gholf gespeel. Bea stap weg as wenner van die dogters-afdeling en eindig algeheel in die derde-plek. Arno speel ook goeie gholf en eindig derde in die netto-afdeling van beide die A- en B-afdelings.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf