Krieket Premierliga – Juard Toerien van Hoërskool Ermelo is gedurende 2024 gekies vir twee in twee onderskeie krieket Premierligas.
Hy verteenwoordig die Middelburg Wolves in die Mpumalanga krieket Premierliga. Hulle het teen Uplands College vanaf 26 tot 29 September gespeel. Die Middelburg Wolves het ‘n derde plek in die Mpumalanga Liga behaal en Juard is aangewys as die beste o/14-speler van die toernooi.
In Desember gaan Juard die Bloem-Hornets verteenwoordig in die Vrystaat krieket Premierliga. Hierdie liga vind plaas vanaf 2 tot 5 Desember, waar hul teen Grey Kollege gaan afreken.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








