)

Krieket – Hoërskool Ermelo kragmetings

Krieket. Foto: Erries 2de Krieketspan

Hoërskool Ermelo se o.14A-krieketspan het op 13 Augustus teen Hoërskool Hoogenhout se o.14B-span gespeel. Die Erries het die loting gewen en besluit om eerste te boul. Hoogenhout was na 16 beurte uitgeboul vir 72 lopies.

Daarna het die Errie-seuns 73 lopies behaal in 8 beurte. Jordaan Griesel het 24 lopies van 13 balle geslaan en Deandré Diedericks het 25 lopies van 20 balle geslaan. Jordaan Griesel stap weg as die speler van die wedstryd. EHS wen met agt paaltjies.

Die EHS se tweede krieketspan het hul krag en oorheersing gewys met ‘n oortuigende oorwinning van 72 lopies teen Hoërskool Standerton.

Dian van Aarde

Ermelo het eerste gekolf en ‘n sterk telling van 165 vir ses paaltjies in hul 20 boulbeurte aangeteken. Dian Van Aarde was die ster-kolwer vir Ermelo met ‘n indrukwekkende 57 lopies van 46 balle. Pieter Venter was met 38 lopies van 23 balle onoorwonne.

Standerton is almal uitgeboul vir 93 lopies in 18.3 boulbeurte, maar dit was nie genoeg om die Ermelo-aanval te weerstaan nie. Carel Jacobs en Stefan Strydom was uitmuntend met die bal en het elk drie paaltjies geneem, terwyl WJ Pretoruis twee paaltjies geneem het om die wedstryd te beklink.

Met hierdie oorwinning het die EHS se tweede span hulself as ‘n span om dop te hou in die seisoen gevestig.

Henco Boshoff

Op Saterdag, 17 Augustus, het die eerste span in hul eerste wedstryd van die jaar teen HTS Witbank te staan gekom.  Die Erries het eerste geboul en kon HTS Witbank beperk tot 174/10. Boulers wat uitstaan is Henco Boshoff (5/36 in 10 beurte) en Dian van Aarde neem 3/34 in 6 beurte.  Die Errie-kolwers kon ongelukkig nie die telling suksesvol najaag nie en verloor die wedstryde met 59 lopies. Beste kolwers was Nico Brits, 30 lopies, en Juard Toerien 21 n.u.n.

EHS se dogterskrieket skop die krieket seisoen af op ‘n baie winderige dag en wen Standerton met ses paaltjies. Standerton kolf eerste en teken 128 vir vier aan in 20 beurte. EHS neem die telling verby in 13.5 beurte met ’n telling van 129 vir vier.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal