Krieket. Hoërskool Bredasdorp se eerste Krieket span het 26 Februarie met Hoërskool Stellenbosch meegeding op die krieket veld. Hoërskool Stellenbosch kolf eerste en word vir 68 lopies na 25 boulbeurte uitgeboul.
Hoërskool Bredasdorp se beste boulers: Francois Rossouw (3-9-3), Zandré le Sueur (2-11-4) en Kiethon Arries (2-17-4). Hoërskool Bredasdorp teken 69 lopies in die 12de boulbeurt aan.
Beste kolwers: Chadwill Abrahams (23), Andre Bothma (10) en Kiethon Arries (10). Hoërskool Bredasdorp wen die wedstryd met 6 paaltjies!
Baie dankie aan juffrou Kriel wat as tellinghouer vir die span opgetree het.
Foto verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za