)

Krieket EHS – Hoërskool Ermelo wen Oosterland op krieketveld

Krieket EHS. Op Saterdag 16 Oktober het Hoërskool Ermelo se eerstespan-krieketseuns teen Hoërskool Oosterland op die Erries se tuisveld te staan gekom.  EHS het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.  

Aanvangkolwers van Erries

Die Erries krieket se aanvangskolwers, Christiaan Arnoldi en Wian Swart, het die besoekers se openingsboulers goed trotseer en binne die eerste ses boulbeurte reeds 60 lopies op die telbord geplaas.  Albei openingskolwers het egter kort na mekaar hul paaltjies verloor. 

Talentvolle Tweeling van Erries

Dit het gevolglik twee broers, Adam en Rian Barnard, voor die penne gebring.  Hierdie talentvolle tweeling werk mooi saam en spog met ‘n pragtige 99-lopie vennootskap.  Rian het sy vyftig-tal flink bereik, maar het kort daarna ook sy paaltjie verloor en moes tevrede wees met 77 lopies.  Arend Fourie was volgende aan die beurt en saam met Adam het hul die lopietempo ‘n geweldige hupstoot gegee.  Fourie en Barnard is albei teen die einde van die beurt uitgehaal: Fourie vir 44 lopies en Barnard vir ‘n uitstekende 94 lopies.  Hoërskool Ermelo se kolfbeurt eindig na 50 boulbeurte met ‘n magtige 345/6.

EHS se Boulers

Met die bal in die hand het Hoërskool Ermelo se krieket boulers hul uitstekend van hul taak gekwyt en uit die staanspoor reeds gewys wat in hul steek.  Met vaardige boulwerk het paaltjies gereeld gekantel en moes die Oosterland-kolwers die knie buig met slegs 125 lopies op die telbord.  Aanvangsbouler en kaptein, Corné Jansen van Rensburg, het leiding geneem en sy staal met die bal getoon.  Hy spog met briljante syfers van 3/12 in 6 beurte.  Wian Swart, Tobie Leibbrandt en Arend Fourie spog ook elk met 2 paaltjies.

Hoërskool Ermelo wen hierdie kragmeting met 220 lopies.

Opsommend

Krieket – EHS 345/6 (50). Adam Barnard 94. Rian Barnard 77. Arend Fourie 44.

Oosterland 125 (19.4). Corné Jansen van Rensburg 3/12 (6). Tobie Leibbrandt 2/0 (0.4).

EHS wen met 220 lopies.

Baie geluk!!

Erries is trots op julle!!

Lees meer oor Hoërskool Ermelo: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal