𝗞𝗼𝘃𝘀𝗶𝗲 Sportsterre Toekennings 2025. Amy Kotze, ’n Graad 12-leerder van Hoërskool Witteberg, is op Dinsdag, 9 Oktober vereer vir haar uitmuntende prestasies in atletiek. Die toekenning is tydens die prestigeryke Kovsie Sportsterre Toekennings 2025 gemaak. Hierdie glansgeleentheid het plaasgevind in Bloemfontein, waar sportsterre van regoor die Vrystaat erkenning ontvang het vir hul harde werk en toewyding.
Amy is vergesel deur Mnr. Hannes Oosthuizen, wat haar trots bygestaan het tydens die spesiale aand.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










