KOVSIE Smash Krieketweek 2026. Hoërskool Jim Fouché se eerste krieketspan het gister, 5 Januarie, die KOVSIE Smash Krieketweek in Bloemfontein met twee oortuigende oorwinnings afgeskop.
Eerste wedstryd: JF teen Witteberg
JF het eerste gekolf en 90/7 in 20 boulbeurte aangeteken. Die boulers het daarna die oorhand geneem en Witteberg vir slegs 32 lopies uitgeboender. JF wen met 58 lopies.
- Uitblinkers met kolf:
- Ruan Kleyn – 23
- Benco Olivier – 19
- André Kleyn – 12
- Ster-boulers:
- Cobus Wilken – 3/6
- Jean van Schalkwyk – 3/9
- Zeke Cloete – 2/1
Tweede wedstryd: JF vs Merensky
Merensky kon 67/9 in hul 20 boulbeurte aanteken. JF het vinnig geantwoord en die teiken gemaklik bereik met 70/3 in net 7 boulbeurte. JF wen met 7 paaltjies.
- Uitblinkers met kolf:
- Franco de Necker – 27*
- Benco Olivier – 17
- Cobus Wilken – 11
- Ster-boulers:
- Cobus Wilken – 5/8
- Wihan Paulsen – 1/7
- Duan Bastone – 1/10
✨ Met hierdie sterk vertoning het Jim Fouché se eerste span hulself as ’n krag om mee rekening te hou by die KOVSIE Smash Krieketweek gevestig!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









