Koninklijke VC Meetjesland Fietsryklub. Liam Rörich, leerder van Hoërskool Outeniqua in George, het die afgelope Junie vakansie vir die Belgiese Koninklijke VC Meetjesland fietsryklub deelgeneem. Padfietsryers van reg oor die wêreld ry in die Europese somervakansie vir verskeie Belgiese klub-spanne en wêreldtoer ontwikkeling spanne.
Liam het deelgeneem aan kriteriem wedrenne asook in twee in Luxembourg (GP General Patton en Grand Prix de Luxembourg) en een in België, Sint Martinusprijs Kontich.
Die top internasionale junior padfietsryers het aan hierdie kompetisies deelgeneem. Afgesien van die ongelooflike ervaring wat Liam opgedoen het, om teen die beste internasionale ryers mee te ding, het hy hom goed van sy taak gekwyt met goeie resultate vir sy span.
Hy is weer uitgenooi om volgende jaar by die span aan te sluit.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








