)

KOM BLOUSKOOL TOE, JY WEET JY WIL!

Die Hoërskool Kroonstad (Bloues) bied aan u kind by uitstek ‘n akademiese tuiste. Ons akademiese uitnemendheid is ver buite ons geografiese grense bekend. Ons strewe egter na balans in ons opvoedingsbenadering – derhalwe word daar ruim geleenthede op kulturele en sportgebied geskep om op ‘n hoë vak kompeterend te wees. Voeg hierby ons puik geriewe, netjiese terrein en pragtige landelike omgewing, dan is dit nie moeilik om te glo dat dit ‘n baie gelukkige tuiste vir ons leerders is nie.

Ons uiters bekwame en toegewyde personeelkorps lewer op akademiese, sowel as buite-kurrikulêre gebied uitmuntende diens. Ons sportafrigters word aangevul deur kundige buite-afrigters wat verseker dat al ons kinders se talente ten volle ontwikkel word.

Ons bied u die volgende:

  • ‘n Staatskool met ‘n privaatskool-atmosfeer, gekoester in Christelike beginsels
  • ‘n Waardegedrewe skool met plattelandse omgee en dissipline
  • Wêreldklas-onderrig met wêreldklas tegnologie
  • ‘n Skool sonder grense, individuele uitnemendheid vir elke leerder in akademie, sport en kultuur
  • Bekostigbare skoolfonds
  • Goed opgeleide en ervare personeel
  • Op en wakker vakkeuses vir die beroepswêreld: Akademiese, Landbou- en Tegniese vakke
  • ‘n Groot verskeidenheid geleenthede vir provinsiale en internasionale deelname
  • Gerieflike koshuisfasiliteite met ‘n huislike atmosfeer
  • Ons doelwitteOns streef na ‘n skool waar elke kind gelukkig is, waardevol, veilig en uniek voel.Waar elke kind sy volle potensiaal kan bereik met goeie samewerking tussen leerders en ouers.

    U is welkom om die vrymoedigheid te neem om die skool te kontak of te besoek ten einde verdere inligting of antwoorde op enige onduidelikhede te verkry.

    Dit is ons strewe om, in samewerking met die ouerhuis, kinders te begelei en op te voed sodat hulle tot hulle volle potensiaal sal ontwikkel en as gelukkige volwassenes hul plek in die samelewing kan inneem.

    Ons glo aan die volgende wat William Shakespeare gesê het:

    “Nothing comes from doing nothing.”

    By die Hoërskool Kroonstad werk en groet ons.

    Blouesgroete

    WL DRINKWATER

     

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal