Die Hoërskool Kroonstad (Bloues) bied aan u kind by uitstek ‘n akademiese tuiste. Ons akademiese uitnemendheid is ver buite ons geografiese grense bekend. Ons strewe egter na balans in ons opvoedingsbenadering – derhalwe word daar ruim geleenthede op kulturele en sportgebied geskep om op ‘n hoë vak kompeterend te wees. Voeg hierby ons puik geriewe, netjiese terrein en pragtige landelike omgewing, dan is dit nie moeilik om te glo dat dit ‘n baie gelukkige tuiste vir ons leerders is nie.
Ons uiters bekwame en toegewyde personeelkorps lewer op akademiese, sowel as buite-kurrikulêre gebied uitmuntende diens. Ons sportafrigters word aangevul deur kundige buite-afrigters wat verseker dat al ons kinders se talente ten volle ontwikkel word.
Ons bied u die volgende:
- ‘n Staatskool met ‘n privaatskool-atmosfeer, gekoester in Christelike beginsels
- ‘n Waardegedrewe skool met plattelandse omgee en dissipline
- Wêreldklas-onderrig met wêreldklas tegnologie
- ‘n Skool sonder grense, individuele uitnemendheid vir elke leerder in akademie, sport en kultuur
- Bekostigbare skoolfonds
- Goed opgeleide en ervare personeel
- Op en wakker vakkeuses vir die beroepswêreld: Akademiese, Landbou- en Tegniese vakke
- ‘n Groot verskeidenheid geleenthede vir provinsiale en internasionale deelname
- Gerieflike koshuisfasiliteite met ‘n huislike atmosfeer
- Ons doelwitteOns streef na ‘n skool waar elke kind gelukkig is, waardevol, veilig en uniek voel.Waar elke kind sy volle potensiaal kan bereik met goeie samewerking tussen leerders en ouers.
U is welkom om die vrymoedigheid te neem om die skool te kontak of te besoek ten einde verdere inligting of antwoorde op enige onduidelikhede te verkry.
Dit is ons strewe om, in samewerking met die ouerhuis, kinders te begelei en op te voed sodat hulle tot hulle volle potensiaal sal ontwikkel en as gelukkige volwassenes hul plek in die samelewing kan inneem.
Ons glo aan die volgende wat William Shakespeare gesê het:
“Nothing comes from doing nothing.”
By die Hoërskool Kroonstad werk en groet ons.
Blouesgroete
WL DRINKWATER