“Ons kan met dankbaarheid getuig van ons Hemelse Vader se goedheid, guns en genade oor ons skool, ouers, kinders en personeel.”
“Die graad 0 leerders se eerste dag terug was ‘n reuse sukses. Ons kleuters is so goed opgevoed en gehoorsaam en het die nuwe reëls met gemak aanvaar en skitterend uitgevoer. Ons is voorwaar baie trots op hulle.”
By die Voorskool beleef ons elke dag as ‘n wonder van leer deur te speel. Ons voertaal is Afrikaans, maar ons aanvaar Engelse kindertjies met ope arms. Hul leer sommer gou Afrikaans aan en ons Afrikaanse kinders word tot tweetaligheid aangemoedig. Ons hanteer kinders van drie jaar oud tot ses jaar oud.
Onderwysers: Ons onderwyspersoneel is ten volle gekwalifiseerd. Hul bied weekliks temas aan, waarvoor hul deeglik voorberei.
Aspekte waarop gefokus word: Die emosionele-, sosiale-, perseptuele-, motoriese-, kognitiewe-, taal- en geestelike ontwikkeling van elke kindjie.
Ons fokus dus op die holistiese ontwikkeling van elke individuele kleuter.
Daar word in die voorvaardighede vir lees, skryf en wiskunde gespesialiseer.
Die kurrikulum vir Gr. R is op die Kurrikulum en Assesseringsverklarings van Suid-Afrika gebaseer, maar word voortdurend verryk en aangepas. Vir elke ouderdomsgroep is daar ‘n ouderdomstoepaslike kurrikulum, wat deur die lesbeplanning van onderwysers uitgebrei en aangevul word.
Deurlopende assessering vind plaas, sodat leerinhoude aangepas kan word om elke kleuter in te sluit en te ondersteun.
#trotsleeuwenhof #voorskool #eerstedagterug #coronavirus #nuwenormaal #maskers
Foto’s voorsien