)

Knysna Forest-halfmarathon – Hoër Meisieskool Oranje

Knysna Forest-halfmarathon – Mira Rossouw, ’n graad 12-leerder, van Hoër Meisieskool Oranje het onlangs die Knysna Forest-halfmarathon gewen. Mira se merkwaardige terugkeer na die wenpaal, het plaasgevind ’n paar maande nadat sy weer begin hardloop het ná ’n ernstige besering. Sy moes vyf maande lank rus, nadat sy ’n beentjie in haar voet gebreek het. Ten spyte van geduld, goeie mediese sorg en harde werk, het sy haar pad terug na die atletiekbaan gevind.

Voorheen was Mira ’n talentvolle o.18A-hokkiespeler, maar ná haar besering het sy ’n nuwe liefde ontdek: “trail running”. Sy het by ’n langasemklub aangesluit en haar eerste 5 km met ’n bietjie twyfel aangepak. Sy was onbewus dat dit die begin van ’n opwindende nuwe reis sou wees.

“Ek het aanvanklik begin hardloop om fiks te word vir hokkie,” vertel Mira, “maar my afrigter het ander idees gehad.” Ná ure se oefening en toewyding het sy haarself weer op die pad gevind. Hierdie keer was dit ’n doel wat verder strek as net fiksheid.

Haar oorwinning in Knysna, waar sy eerste onder die junior vroue geëindig het, bly vir haar ’n wonderwerk. “Hoe ek dit reggekry het, weet ek nie. Ek glo die Here het Sy lig oor my laat skyn,” sê sy dankbaar.

Hoewel die oorgang van hokkie na hardloop groot was, sien Mira raak dat daar ooreenkomste is. “Goeie voetwerk en harde oefening is belangrik in beide sporte – al verg hardloop beslis meer uithouvermoë.”

Sy glo dat selfdissipline en motivering die sleutel is tot sukses. “Niemand dwing jou om op te daag nie, jy doen dit vir jouself. Dit maak elke prestasie soveel meer betekenisvol.”

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal