Mnr. C. Wessels (SBL – Voorsitter) Mnr. G. March (Distriksdirekteur – NKOD), Mnr. H. Esau (Hoof Direkteur – NKOD), Mnr. J. Mapanka (Organiseerder van die Twinning program tussen ZFM en Namibië).
KLK en die Noord Kaap Onderwysdepartement bied, in samewerking met Hoërskool Upington, `n Fisiese Wetenskap Opleidingswerkswinkel aan.
Fisiese Wetenskap onderwysers van die ZFM- en Namakwa-distrik is uitgenooi om die werkswinkel by te woon. ZFM het ook `n Twinning-program met Namibië en as gevolg daarvan is ses onderwysers van die Suide van Namibie ook geidentifiseer om die kursus by te woon. So probeer die NKOD ook ons buurland ondersteun.
Die aanbieder is mnr. Andries Olivier, skrywer van die Fisiese Wetenskaphandboeke wat tans deur die skole gebruik word. Die doelstelling is om Fisiese Wetenskap onderwysers te bemagtig sodat hul hul kennis kan terugploeg in ons kinders. Die kursus word aangebied in HU se Toerismesentrum en duur tot Saterdag.
Wat `n voorreg om dit te kan aanbied. Baie dankie aan KLK vir hul bydrae asook vir die NKOD vir hul betrokkenheid