Klawer Kunste Eisteddfod. Leerders van Laerskool Vredendal het 27 Julie aan die Klawer Kunste Eisteddfod deelgeneem. Van oral uit die omgewing het leerders by Laerskool Klawer byeengekom om hul verskeie talente ten toon te stel tydens die Eisteddfod.
Leerders het die voorreg gehad om aan verskeie items soos instrumentale aanbiedinge, sang, Afrikaanse en Engelse voordrag, kuns en so meer deel te neem.
Twee honderd en negentien grondslagfase leerders van Laerskool Vredendal het vir altesaam 291 items insgeskryf.
Toekennings ontvang:
- 160 Dubbel Goud
- 91 Goud
- 35 Silwer
- 3 Brons
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.laerskoolvredendal.co.za/
Foto’s verskaf