Kings and Queens Clash – Hoërskool Linden se skaakspanne het die afgelope naweek puik vertoon tydens Waterkloof se gesogte Kings and Queens Clash-toernooi.
- A-span: Linden se topspan het ’n indrukwekkende 2de plek behaal in die Cup-afdeling. Dit was die hoogste afdeling van die toernooi. Hulle het hul staal gewys met 4 oorwinnings en 1 gelykop. Hulle behaal ook ’n kragtige sege oor Waterkloof A.
- B-span: Hoërskool Linden se B-span het die bord ook laat praat. Hulle eindig 2de in die Shield-afdeling, met 4 oorwinnings uit 5 rondtes.
Met vier afdelings in totaal, is dit ’n merkwaardige prestasie vir Linden. Die span kon ook tydens die twee hoogste afdelings van die Kings and Queens Clash, die silwerplek inneem.
Daar is geen perke aan hulle trots nie!

Spesiale gelukwense aan Tjaart Steyn en Daniel Voigt, wat al hul wedstryde gewen het en die gesogte bordpryse huis toe geneem het.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








