Karooveld Bonsmaras. Hoër Landbouskool Marlow, Cradock, se gr 11 LBP klas het hul jaarlikse besoek afgelê by Karooveld Bonsmaras vir ‘n vleisbees opleidingsdag.
Mnr Dirk Spaargaaren en mnr Bernard Burger (Bonsmara SA) het die seuns teoretiese sowel as praktiese opleiding gegee. Die opleiding het gehandel oor die belangrikste beginsels vir teling en seleksie.
Marlow het Dirk, Bernard, Louis Steyl en Bonsmara SA bedank vir hul belangstelling en betrokkenheid in die seuns se opleiding. Hulle het die span ook bedank vir die passie waarmee hulle die opleiding aanpak! Sonder mense en instansies soos hulle sal dit nie moontlik wees om vir die seuns hierdie geleenthede te gee nie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf