)

Karin Strydom – Hoërskool Hans Moore Adjunkhoof

Karin Strydom. Aan die Natalse Suidkus her Karin Strydom die voorreg gehad om saam met haar twee broers en ouers haar jeug te geniet. Sy het aan die Hoërskool Kuswag, in Amanzimtoti gematrikuleer. Daarna het sy haar onderwysstudies (honneurs in opvoedkundige sielkunde) aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Sy het ook later in Menslike Hulpbronne Bestuur en Arbeidsverhoudinge studeer.

Uit haar huwelik van meer as dertig jaar met Jurie Strydom, is ‘n seun Kian en ‘n dogter, Chanté, gebore. Hulle het albei hul skoolloopbaan met lof aan Hoërskool Hans Moore voltooi.

Alhoewel Karin ‘n gebore see-mens is, is sy baie lief vir die Bosveld. Sy spandeer graag haar vakansies in Marloth Park. Sy rits ook graag met haar man op sy motorfiets rond en probeer soveel moontlik van Suid-Afrika sien. Dit is vir haar ‘n voorreg om haar passie vir jongmense en haar taal, Afrikaans, en in die onderwys te kan koeste en uit te leef.

Na dertig jaar as ‘n onderwyseres by verskeie skole in Gauteng, onder andere Hoërskool Hans Moore, het sy in 2021 as departementshoof vir Afrikaans Huistaal by Hoërskool Dr EG Jansen aangesluit . Sy het later ook die waarnemende adjunkhoof daar geword.

Karin sien uit daarna om die nuwe seisoen as adjunkhoof by Hoërskool Hans Moore te begin. Sy hoop om saam met die dinamiese Moorie-personeelkorps en onder die bekwame leiding van Meneer Mearns en Meneer Vorster hierdie uitnemende skool na hoër hoogtes te neem.

Haar lewensfilosofie is: “Daar is genoeg genade vir elke dag en doen alles wat jy doen tot eer van die Here.”

Dit sluit ook aan by die skool se leuse: Glo, streef en werk.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hansmoore.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal