Kaapse Wynland Netbal. Die o.17 Kaapse Wynland netbal span het goud gewen by die Weskaap Interdistrikstoernooi die afgelope naweek.
Hannah Gildenhuys en Melisa Taylor van Hoër Meisieskool Paarl was deel van die O.17 span! Die O.14 en O.16 spanne het beide ‘n silwer medalje ontvang wat op doelgemiddelde uitgewerk is.
Baie geluk aan Hoër Meisieskool Paarl se O.14 spelers; Jeanique de Preez, Talia Wessels, Jana van der Walt en Haydan-Reeze Cornelius. Gelukwense ook aan die O.16 spelers; Minke van Zyl, Anja Giliomee en Megan Wilson wat HMS Paarl in hierdie spanne verteenwoordig het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.paarlgirlshigh.com/
Foto’s verskaf