Junior Stadsraad van Pretoria – Hoërskool Die Wilgers is baie trots op Milah Hartmann (Graad 10) en EW Rowles (Graad 11) wat onlangs verkies is tot die Junior Stadsraad van Pretoria. Hulle is vir die 2025/2026 termyn verkies.
Die Junior Stadsraad van Pretoria is ‘n nie-winsgewende jeugorganisasie wat in 1979, deur die Verenigde Nasies se Internasionale Jaar van die Kind, gestig is.
Twee verteenwoordigers van verskeie hoërskole regoor Pretoria, een in graad 10 en een in graad 11, dien op die raad.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








