Junior SA Toutrek Kampioenskappe. Hoërskool Robertson se toutrekkers het vanaf 18 tot 19 Maart aan die Junior SA Totrek Kampioenskappe, in Malmesbury, deelgeneem.
Hierdie kampioenskappe is ‘n geleentheid waartydens alle skole reg oor Suid-Afrika om die topposisie in die land meeding. Die spanne wat dan in die internasionale gewigte ‘n eerste plek behaal, sal later die jaar na Holten, in Nederland, reis waar hulle Suid-Afrika teen die res van die wêreld sal verteenwoordig.
Dit was baie warm, maar soos gewoonlik, het Robbies se toutrekkers gewys dat hulle hul nie sommer laat onderkry nie! Robertson het ongelukkig geen eerste plekke behaal nie, maar steeds baie goed gevaar! Hul 520kg-seunspan het ‘n vierde plek en die 440kg-dogterspan ‘n derde plek in hul onderskeie kategorieë behaal.
Baie dankie aan elke ouer en borg wat deelname aan hierdie geleentheid moontlik gemaak het. ‘n Spesiale woord van dank aan die afrigters wat heel jaar baie hard gewerk het met hierdie spanne om sukses te behaal!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://hoerskoolrobertson.co.za/
Foto’s verskaf