Junior Nasionale Tenniskampioenskap. Donna le Roux, leerder van Sekondêre Meisieskool Oranje in Bloemfonteinhet 2de geëindig by die Junior Nasionale Tenniskampioenskap. Die kampioenskap is by die Vrystaat Tennisstadion afgehandel. Dit beteken dat Donna le Roux Suid-Afrika se naasbeste o.18-tennisspeler vir meisies is.
Sy het Dinsdag, 26 Maart, in Bloemfontein die Junior Nasionale kampioenskap se enkelspel-eindstryd met 6-3, 3-6, 3-6 verloor. Donna, 2023 se o.16-tenniskampioen, het haar wedstryde op pad na die eindstryd met tellings gewen van 6-4, 6-0 / 6-0, 6-0 / 6-0, 6-0 / 6-1, 6-1.
Donna is, soos verlede jaar, weer die nasionale dubbelspel-kampioen. Dié keer vir o.18’s saam met Ché Nel.
Die Junior Nasionale Tenniskampioen vir vroue is Hanmaré Mc Aslin van Paarl Gimnasium. Sy het hiermee haar laaste wedstryd vir Junior Nasionale Tenniskampioenskap suksesvol afgesluit
Mia Schimper (7de vir o.18’s) het die beste onder Oranje se ander spelers in die toernooi presteer.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf