)

JF Prysuitdeling 2023 – Hoërskool Jim Fouché

JF Prysuitdeling 2023. Hoërskool Jim Fouché, Bloemfontein, kyk terug op die jaar 2023. Dit is ‘n jaar wat soos ‘n gedagte verbygesnel het. Dit is ‘n jaar van vele suksesse en uitdagings, oplossings tot teleurstellings en vreugdevure, wat hoog gebrand het.

Hierdie jaar was die eerste volle jaar sonder enige inperkings van die Corona-virus pandemie, wat daartoe gelei het dat dit ‘n vol jaarprogram was met oneindig baie geleenthede om net weer normaal “skool” te wees. Die massadeelname op buitemuurse gebied was ‘n gesig om te aanskou.

“Baie dankie aan elke leerder wat JF gelééf het. Ons sê mos nie verniet dat JF meer as net ‘n skool is nie; dit is ‘n leefwyse!”

Toekennings ontvang:
  • JF se Dux-leerder, 2023, is Marlé van der Merwe met ‘n gemiddeld van 93,7%
  • Veelsydigheidstoekenning 2023: Carlise Botha is aangewys as die veelsydigste JF-leerder.
  • Spesiale toekenning: Anria de Beer, sy ontvang die Holtzhausentoekenning asook ‘n R10 000 beurs van Mnre Holtzhausen vir studie aan die UV. Mnre Holtzhausen is oud-leerders van JF en is nou HUB’s van PSG Capital. Elke jaar kies hulle een van die JF-leerders vir die toekenning.
  • Beste vordering: Met die matrieks se laaste saalperiode is ‘n spesiale toekenning nl. die Wicus Smith-trofee oorhandig. Wicus was ‘n matriekleerder wat voor sy eindeksamen in ‘n motorongeluk oorlede is. Hy was baie lief vir Biologie as vak. Die Wicus Smith-trofee word toegeken aan die leerder wat die beste vordering getoon het vanaf die Junie-eksamen tot die September- rekordeksamen in Lewenswetenskappe. Estian Saaiman het die toekenning ontvang vir 2023.
  • Van Wyk familietrust trofee en beurs. Hoogste punte in Ekonomie, graad 12. Franco Deacon het die Van Wyk familietrust trofee en beurs ontvang. Hierdie trofee is deur Pieter van Wyk en sy familie geskenk.
Van links: Anria de Beer, Estian Saaiman, Franco Deacon

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://jf.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal