JF Kriekettoer. Hoërskool Jim Fouché van Bloemfontein se Eerste Krieketspan het ‘n JF Kriekettoer onderneem na Rustenburg.
JF vs HTS Witbank:
Hoërskool Jim Fouché klop HTS Witbank in hul eerste toerwedstryd. JF teken 366 lopies in 50 boulbeurte aan. Die beste kolwers was Arnaud Marais met 99, Lian Theron 73, Christiaan Wilken 44, Marco de Lange 29 en Niel Wilken 24.
HTS Witbank teken 281 aan. JF se beste boulers was Cobus Wilken met 6 paaltjies vir 59 lopies, Marco de Lange 1 paaltjie vir 27 en Adriaan Barnard 1 vir 6.
Jim Fouché wen hul eerste wedstryd op hul JF Kriekettoer met 85 lopies.
JF vs Hoërskool Overvaal:
In hul tweede wedstryd word Overvaal uitgeboul vir 122 lopies. JF se beste boulers was Cobus Wilken met 5 paaltjies vir 8 lopies en SJ Odendaal met 2 paaltjies vir 15 lopies. JF teken 123/5 aan en wen dus met 5 paaltjies.
Jim Fouché se beste kolwers was Christiaan Wilken met 70 n.u.n. en Niel Wilken met 26 n.u.n.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf