Hoërskool Nelspruit se Jacques Vosloo (gr. 11) hou die Nellies se naam hoog op die krieketveld. Hy is onlangs in ‘n Krieket Suid-Afrika-span opgeneem wat aan die twee-dag St Davids-kriekettoernooi deelgeneem het.
Hy is ook in die senior Mpumalanga-krieketspan ingesluit wat vanaf 13-16 September aan die Africa Cup in Oos-London deelneem. “Dit is voorwaar ‘n groot prestasie om op 16 reeds in hierdie span ingesluit te word,” sê afrigter, Johan Rudolph.
Volgens Morné van der Merwe, krieketorganiseerder by die skool, is dit die eerste keer in Hoërskool Nelspruit se geskiedenis dat ‘n leerder in die senior provinsiale span ingesluit is. Jacques is ook deel van die o/19 Puma-span.
Baie geluk, Jacques. Nellies is trots op jou!
Aksiefoto: Hennie Homann