)

Hoërskool Punt presteer in Fast 5 Netbal

Die o/15- en o/17-netbalspanne van Hoërskool Punt van Mosselbaai, het die afgelope naweek aan Paarl Gimnasium se Fast 5 netbaltoernooi deelgeneem.

Die o/17-span wen Paarl Vallei A en Worcester Gimnasium, maar val ongelukkig vas teen die span van Paarl Girls High. Die meisies eindig 2de in hul poel en moet uitspeel teen die span van Paarl Gim.

Hulle wen die power play met 18 doele teen 14 van Paarl Gim maar verloor ongelukkig die wedstryd 26 – 27. Die span kom te staan teen die span van Bloemhof Meisies vir die 3de en 4de plekke en verloor ongelukkig met 7 doele.

Hulle eindig dus in ‘n algehele 4de plek in hul ouderdomsgroep. ‘n Ongelooflike ervaring vir hierdie baie jong en onervare span.

Die o/15-span eindig ook 2de in hul poel en eindig ook in die algehele 4de plek in hul ouderdomsgroep.

(Foto bo:) Lereen Mostert van Hoërskool Punt

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal