)

ITEC Amanda Coetzer-Toernooi – Hoë Meisieskool Oranje skitter

ITEC Amanda Coetzer-Toernooi – Hoër Meisieskool Oranje het die afgelope naweek aan die ITEC Amanda Coetzer-toernooi deelgeneem.

Oranje se o.19A’s en o.15A’s tennisspanne het weereens gewys hoekom hulle as van die land se sterkste skole-tennisspanne gereken word. By die gesogte ITEC Amanda Coetzer-toernooi het albei spanne ’n trotse tweede plek behaal. Daarmee het hul, hul indrukwekkende rekord voortgesit.

O.19A-span:

  • Vir die 27ste keer in ’n ry eindig Oranje se o.19A’s in die top drie van die Aamanda Coetzer-toernooi. Dit is ’n ongelooflike prestasie wat min skole kan ewenaar. Hulle het in die eindstryd teen Rhenish kragte gemeet en ná ’n taai stryd 2-4 verloor. Tog bly die konstante topklassering ’n bewys van hul volgehoue krag en tradisie.
ITEC Amanda Coetzer-Toernooi - Hoë Meisieskool Oranje skitter

O.15A-span:

  • Die jonger span het ook hul merk gemaak. Nog elke jaar eindig die o.15’s in die top twee! Hierdie keer was dit Paarl Girls’ wat met 3-2 die oorwinning behaal het. Oranje se meisies het egter weer gewys dat hulle ’n span is wat nooit terugstaan nie.

Individuele glansmomente:

  • Mandie Claassens is aangewys as die beste nr. 4-speler in die o.19’s.
  • Mariaana Spamer het die titel van beste nr. 7-speler ingepalm.
  • Genevieve Goodchild en Lily Schutte het as die beste dubbelspaar in die o.15’s uitgestaan.

Die Oranje-tennis is dus nie net ’n storie van wen en verloor nie, maar van volgehoue uitnemendheid, spantradisie en individuele talent wat jaar na jaar die skool se naam hoog hou.

Dit is ‘n bewys dat Oranje se tennisdogters die vlam aan die brand hou!

Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal