Interskole Sport. Hoërskool Langenhoven is verheug om aan te kondig dat die Dasse met oortuiging as Interskole 2025 se algehele wenners gekroon is! Hierdie oorwinning is nie net ’n bewys van die leerders se talent nie, maar ook ’n viering van die gees, kultuur en hul onwrikbare trots.
Eer aan die Eerstespanne. ’n Spesiale huldeblyk aan die eerstespan-lede wat hul laaste Interskole as Langenhoven-leerders beleef het. Julle het nie net gespeel nie – julle het gelei. Julle het nie net gewen nie – julle het ’n nalatenskap geskep. Met elke tree op die veld het julle die Dasse-gees beliggaam: vasberade, eerbaar en vol vuur. Julle het ’n pad gebaan waarop toekomstige Dasse met trots kan voortstap.
🎭 Sport én Kultuur: ’n Allesomvattende Oorwinning. Die Dasse het gewys dat ware oorwinning nie net in punte gemeet word nie, maar in karakter, samehorigheid en passie. Van fisieke uithouvermoë tot intellektuele skerpte. Die Dasse het elke arena betree met oortuiging en dit verlaat met oorwinning.
📋 Uitslae – ’n Fees van Talent en Toewyding
- Muurbal – Wen
- Landloop – Wen
- Skaak – Wen
- Redenaars – Gelykop
- Debat – Wen
- Dink of Sink – Wen
- Kook & Geniet – Wen
- Gholf – Verloor
Hokkie-trofee wenner
Die hokkiespanne het Saterdag gewys wat dit beteken om Dasse te wees! Elke span het hul volle gewig ingegooi die naweek! Dasse het 12 wedstryde gespeel, waarvan hulle 8 gewen, 1 gelykop gespeel en 3 verloor het.
Die spelers het nie net wedstryde gewen nie, maar ook harte gesteel met die passie, vasbyt en samenhorigheid wat julle op die veld gewys het. Hulle harde werk en samewerking het nie net punte op die telbord gesit nie, maar ook ’n diep gevoel van trots in ons skool en die gemeenskap.
Uitslae:
- Eerstespan-Meisies wen 1–0
- O/18B-Meisies wen 3–0
- O/16A-Meisies wen 7–0
- O/16B-Meisies wen 1–0
- O/16C-Meisies gelykop 0–0
- O/14B-Meisies verloor 0–1
- O/14A-Meisies wen 5–0
- O/14A-Seuns verloor 2–3
- O/14B-Seuns wen 3–1
- O/16B-Seuns verloor 0–1
- O/16A-Seuns wen 3–0
- Eerstespan-Seuns wen 2–0
Rugby trofee – Overberg
Langenhoven se rugbyspanne het Saterdag met ware Dasse-gees die veld aangevat teen Hoërskool Overberg. Al het hulle nie die telbord aan hul kant gehad nie, het die spelers met vasbyt, moed en trots gewys wat dit beteken om ’n DAS te wees. Julle deursettingsvermoë en spanwerk was besonders.
Uitslae:
- O/15B – verloor 7–26
- O/15A – verloor 10–45
- O/16A – verloor 0–62
- O/19B – verloor 12–20
- O/19A – verloor 12–29
Netbal trofee – wenner
Wat ’n ongelooflike dag by die Netbal!
Dasse het 22 wedstryde gespeel, waarvan hulle 13 gewen, 2 gelykop gespeel, en 7 verloor het. Elke span, van die jong O/14’s tot by die trotse eerste span, het met vasberadenheid, spanwerk en ware Dasse-gees die baan betree. Die skool is ongelooflik trots op elke dogter wat haar alles gegee het en die groen en geel met soveel eer gedra het!
O/14’s
- O/14E verloor teen LS Overberg O/13A 5–24
- Dasse teen Ovies
- O/14D wen 12–4
- O/14C verloor 6–12
- O/14B verloor 9–10
- O/14A wen 16–15
- Dasse teen Grabouw
- O/15E teen Grabouw 15A verloor 3–15
- O/15D teen Grabouw 14A verloor 4–15
- Dasse teen Ovies
- O/15C wen 26–3
- O/15B wen 27–10
- O/15A wen 26–10
- O/16D teen O/18D wen 7–5
- O/16C teen O/18C verloor 9–14
- O/16B verloor 17–19
- O/16A gelykop 14–14
Senior spanne
Dasse teen Grabouw
- 6de span teen 1ste span verloor 7–9
- 5de span teen 1ste span gelykop 12–12
Dasse teen Ovies
- 4de span wen 23–9
- 3de span wen 29–3
- 2de span wen 25–11
- 1ste span wen 36–31
Die Dasse Gees Leef! Elke deelnemer, elke toeskouer, elke onderwyser en ouer het deel geword van iets groter – ’n beweging van trots, tradisie en triomf. Hierdie Interskole was meer as ’n kompetisie; dit was ’n viering van wie Hoërskool Langenhoven is.


Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Become a Sponsor











