Interskole Krieket. Verskeie krieket spanne van Hoër Landbouskool Oakdale het tydens Interskole krieket wedstryde kragte gemeet teen die spanne van Hoër Landbouskool Boland in die Paarl.
Eerste Krieketspanne
Oakdale verloor die loot en Boland kies om eerste te kolf. Hulle word almal uitgehaal vir 143 lopies in 43,4 beurte.
- Reinhard Viljoen – 5 paaltjies vir 18 lopies in 10 beurte
- Adriaan van der Merwe – 3 paaltjies vir 18 lopies in 7,4 beurte
- Oakdale kolf hierna en word uitgehaal vir 71 lopies in 35 boulbeurte.
- Oakdale se beste kolwer: Rico Ferreira met 25 lopies
- Oakdale verloor die wedstryd met 72 lopies.
Tweede Krieketspan
- Oakdale kolf eerste en teken 40 lopies aan
- Oakdale se beste kolwer: Aidin Booysen met 11 lopies.
- Boland kolf en steek die telling verby met 3 paaltjies plat.
- Oakdale se beste bouler was Gerdus Holtzhausen met 3 paaltjies vir 9 lopies.
- Oakdale verloor die wedstryd met 7 paaltjies.
Oakdale 15A teen Boland 15A
- Oakdale wen die loot en besluit om eerste te kolf. Hulle teken 162/10 aan.
- Oakdale se beste kolwers: Stian Pfaff met 44 lopies; Ruben Ludik met 35 lopies en Charlie Terblanche met 23 lopies.
- Boland steek die wentelling verby met die verlies van 7 paaltjies
- Oakdale se beste boulers: Ruben Ludik – 3 paaltjies vir 34 lopies
- Oakdale verloor die wedstryd met 3 paaltjies
Oakdale 15B teen Boland 15B
- Oakdale wen die loot en besluit om eerste te boul.
- Boland teken 149 lopies aan in hul 30 beurte.
- Oakdale se beste bouler was Jaco Kotze met 2 paaltjies vir 3 lopies.
- Oakdale word uitgeboul in die 28ste boulbeurt vir 121 lopies.
- Oakdale se beste kolwers was Mich van Eeden met 25 lopies en Jaco Kotze met 24 lopies.
- Oakdale verloor die wedstryd met 28 lopies.
Oakdale 15C teen Boland 14A
- Oakdale wen die loot en besluit om eerste te kolf. Oakdale teken 74 lopies aan vir die verlies van 10 paaltjies in 26 boulbeurte.
- Oakdale se beste kolwer: Lian van Niekerk met 36 lopies.
- Boland kolf en behaal die teiken in die 15de boulbeurt met die verlies van 2 paaltjies.
- Boland wen die wedstryd met 8 paaltjies.
Oudskoliere
Oakdale se oudskoliere wen hul wedstryd teen Boland Landbou met 5 paaltjies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf