Interlaer vir Cluster. Laerskool Westwood, Boksburg, is die Interlaer vir Cluster 6 wenners op 29 Januarie by Germiston Stadion. Die Wessies is baie trots op elke atleet en bedank elke afrigter wat so hard gewerk het tydens ‘n baie kort seisoen.
Laerskool Westwood wens ook hul 45 atlete wat deurdring na die BLAV byeenkoms, geluk. Die BLAV byeenkoms vind op 16 Februarie by Boksburg Stadion plaas.
Deelnemende skole:
- Laerskool Westwood – 1ste
- Goudrand  – 2de
- Laerskool Witfiled – 3de
- Witdeep Primary
- Sanelich Academy
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za 
https://www.westwoodlaerskool.org.za/
Foto’s verskaf