Interhoër Atletiek. Hoërskool Overvaal, Vereeniging, se atlete het hul merk gelaat by hierdie jaar se Interhoër atletiek. Die skool is baie trots op elke deelnemer wat die skool se naam hoog gehou het.
Met uitmuntende uitslae, persoonlike beste tye en ware spangees, het die atlete gewys waartoe hulle in staat is.
Prestasies behaal:
- Junior Victrix Ludorum veld: Miané Steyl
- Senior Victor Ludorum veld: Vinaldo Spamers
- Senior Victrix Ludorum baan: Elizma du Preez
- Senior Victrix Ludorum veld: Mioné Frisby
- Beste prestasie, dogters: Mioné Frisby
- Beste atleet, algemeen (in 3/4 items: Mioné Frisby
- Beste atleet, dogters: Suzanne Thierzen

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








