Iné Lourens, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Langenhoven, Riversdal, het tydens die Junie-vakansie aan die All Ages SA Toernooi te Boksburg deelgeneem, en uitsonderlik presteer.
Iné is in die O/18 SA-groep van 35 netbalspelers opgeneem. Sy is dus een van die vier beste O/18 doele in Suid-Afrika.
Iné is genooi om vanaf Donderdag, 11 Julie tot Maandag, 15 Julie, aan die O/21 All Ages proewe in Johannesburg deel te neem.
Die span wat hier gekies word, gaan aan die Junior World Games, wat in 2021 in Suid-Afrika plaasvind, deelneem.