Huis Nico Malan. Hoër Landbouskool Boland se koshuis, Huis Nico Malan, beskik nou oor ‘n nuwe in- en uittekenstelsel van RCL Technologies. Dié skool is een van twee skole in die land wat bevoorreg genoeg is om hierdie spesifieke stelsel te kon implimenteer.
Seuns doen elke aand op ‘n biometriese skandeerder kontrole (werk met vingerafdruk). Hulle teken in en uit vir naweke en bespreek hul kos op dié stelsel. Vanaf 2022 sal ouers outomatiese boodskappe ontvang om hul seun se kom en gaan te bevestig. Die stelsel gee gemoedsrus aan die ouers en stel die koshuis in staat om te alle tye te weet waar ‘n seun homself bevind. Dit vergemaklik ook beslis die kombuistannies se taak, want hulle kan etes nou meer presies beplan en daarom word daar minder kos vermors.
Dit is plesier om oor ‘n stelsel soos hierdie in die koshuis te beskik!
#leerleeflei #hartenhand #bewaaronsbodem
Foto verskaf
Lees meer skolenuus: