Die o/14A-, O/16A- en Eerste seunshokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Woensdag, 28 Februarie 2018, vriendskaplike wedstryde teen HTS Middelburg gespeel.
Hierdie wedstryde het in goeie gees plaasgevind en beide skole het die wedstryde gebruik om hul spanne finaal te finaliseer vir die seisoen wat voorlê. Baie dankie aan elke speler en Liggie-ondersteuner vir julle goeie gees waarmee julle die besoekers ontvang het.
Foto’s: Charl du Toit