Die winter-sportspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 3 Maart 2018, teen Hoërskool Tuine uitgedraf vir die eerste Superreeks wedstryde van die seisoen. Ligbron se spanne het die reeks baie goed begin deur meeste van die wedstryde oortuigend te wen. Die rugbyspanne se tellings is as volg: o/14A wen 49-0 met Integrity Mabasu as speler van die wedstryd, o/14B wen 53-0 met Divan van Jaarsveldt as speler van die wedstryd, o/15A wen 59-0 met Buhle Mangane as speler van die wedstryd, o/15B wen 47-0 met BJ Kritzinger as speler van die wedstryd, o/16A wen 18-3 met Pierre van Zyl as speler van die wedstryd, o/16B wen 20-0 met Marcel Smuts as speler van die wedstryd, 3des wen 24-15 met Chris Willemse as speler van die wedstryd, 2des wen 36-19 met Luanco Jansen van Niewenhuizen as speler van die wedstryd en die Ligbron Calstar 1stes wen 33-5 met Rynhard Horn as speler van die wedstryd. Die volgende spelers was die puntemakers van die eerstespan se wedstryd:
Die hokkiespanne het almal hul wedstryde baie oortuigend gewen en ons sien uit na die res van die reeks en seisoen wat voorlê. Die volgende spelers was aangewys as die speler van die wedstryd. o/14A: Jacolien du Preez, o/15A- Kyla Borchardt, o/16A- Cara Bruwer, tweedes- Nomvuyo Olifant en eerstes- Mandisa Motha
Die netbalspanne het ook ‘n baie goeie dag op die baan gehad met slegs twee spanne wat teen hul opponente vasgeval het. Die uitslae is soos volg: o/14A verloor 8-11, o/14B verloor 7-11, o/15A wen 13-6, o/15B wen 14-8, o/16A wen 39-6, o/16B wen 13-3, 2des wen 18-13 en die 1stes wen 25-15. Die volgende dogters was aangewys as die speler van die wedstryd in hul onderskeie spanne: o/14A- Sandiso Sibiya, o/14B- Dominique van der Walt, o/15A- Nocebo Lukhele, o/15B- Minenhle Hadebe, o/16A- Sethu Mkhwanazi, o/16B- Thandiswa Ndlangamandla, 2des- Palesa Mtshali en 1stes- Jana Swart.
Ligbron se spanne sal op Saterdag, 10 Maart 2018, tuis teen Hoërskool Wilgers uitdraf vir die tweede reeks wedstryde van die Superreeks. Wedstryde begin om 09:00.
Foto heel bo:Â Â Hendrico Jooste (o/15A)