Die Boland Cravenweek span het onder leiding van CJ van Rensburg van HTS Drostdy uitgedraf  teen die Griekwas in hul eerste wedstryd van die toernooi. Kom ondersteun gerus die agt Drostdyers in die span by Brugstraat in die Paarl.
Drostdyers in die Boland Cravenweek span: Christie Grobbelaar, Lucianco Elias, Heinrich Naudé, CJ van Rensburg, Duan Bredenkamp, Tommie Bezuidenhout, Shaun Baxter en Roann Jansen.