Tien leerders het op Vrydag, 28 Julie na Kimberley vertrek om aan die jaarlikse āESKOM EKSPO for Young Scientistsā deel te neem. Nadat die Ekspo uitgepak is, het die vooraf beoordeling begin. Die mondelinge waar elke leerder kan kry om sy projek aan te bied is Saterdag gedoen. Daar was ongeveer 130 EKSPOāS van verskillende skole in en om Kimberley.
HSDA het goed gevaar en het met drie bronsmedaljes en Å silwermedalje weggestap. Die brons medaljewenners was Christie Venter, DaniĆ«l du Toit en Thandokazi Ntozini. Armand van der Mescht het met die silwer medalje weggestap. Hy kan ook weer kans kry om na die Nasionale EKSPO te gaan. Dit sal die derde keer wees wat hy HSDA op nasionale vlak verteenwoordig. HSDA is voorwaar trots op al die leerders wat hard aan die Ekspo gewerk het en so goed gevaar het.
HoĆ«rskool De Aar blink uit in ekspo:Ā Die brons medaljewenner was ChristieĀ Venter,Ā Armand van der Mescht het met die silwer medalje weggestap,Ā DaniĆ«lĀ du Toit en Thandokazi Ntozini ook brons