Die eerste rondte Radikale Redenaars is op 5 Mei 2018 by Laerskool De Hoop, in Somerset-Wes, gehou.
Lizanne en Derik Nortje het deurgedring na die tweede rondte Radikale Redenaars Wes-Kaap se Finaal,
wat plaasgevind het op Saterdag 25 Augustus 2018 – HS Stellenberg – Bellville
Derik het geslaag om na die finale rondte –Radikale Redenaars Nasionaal deur te dring. Dit vind op 13 Oktober 2018 – te Hoërskool Garsfontein, Pretoria, plaas.
Derik se tema vir die kompetisie is: Simbool. Sy onderwerp is: Water is die nuwe statussimbool.