[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.0.89″ background_layout=”light”]
Name van die spelers op foto:
AGTER: Mnr. Andries Louw (bestuurder), Hackuum Jansen, Danico Maré, Guillaume Jansen, Liam Martin, Edward Russouw, Henco Stoffberg, Estiaan Marais, Christiaan Theron(afrigter)
VOOR: Jarred Verwey, Marinus Roux, Ethan Beckett
Lê: Wiehann Meyer
[/et_pb_text][et_pb_text _builder_version=”3.0.89″ background_layout=”light”]
Die eerste krieketspan het Saterdag 27 Januarie 2018 op dramatiese wyse met HTS Drostdy afgereken.
Drostdy het eerste gekolf en ‘n baie goeie 177 lopies aangeteken. Aanvanklik het Drostdy die wedstryd gedomineer en teen ‘n baie vinnige tempo gekolf. Wiehann Meyer het egter later in die kolfbeurt drie paaltjies vir 28 lopies platgetrek en hulle kolwers begin frustreer. Henco Stoffberg moes in die afwesigheid van Xander Barnard en Shane Craythorne die draaibalboulwerk behartig en het hom uitstekend van sy taak gekwyt. In sy eerste boulskof in die eerste span het hy 3 paaltjies vir 36 lopies platgetrek.
Die Strand is aanvanklik deur uitstekende boulwerk vasgepen en het op 28 lopies vir 2 paaltjies gesteier. Wiehann Meyer het kom kolf en ‘n briljante 64 lopies van 51 balle aangeteken. Hy is goed deur Danico Mare bygestaan wat 33 lopies aangeteken het. Dit het die gang van die hele wedstryd dramaties verander. Die Strand het uiteindelik ‘n baie goeie 178 vir die verlies van 6 paaltjies aangeteken.
Op die oog af het dit na ‘n maklike oorwinning gelyk, maar dit was baie beslis nie die geval nie. In die afwesigheid van twee sleutelspelers het van die jonger spelers hand opgesteek. Dit is baie verblydend.
Die o/15 – span het teen Dirkie Uys gespeel en 77 lopies aangeteken. Dirkie Uys het 79 lopies sonder die verlies van ‘n paaltjies aangeteken. Reinhardt le Roux het in hierdie wedstryd ‘n baie goeie 24 lopies aangeteken. Die Strand verloor dus met 10 paaltjies.
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]