)

Hoofseun 2025 – Hoërskool Die Wilgers

Hoofseun 2025. Die afgelope aantal jare het Schools That Rock onderhoude gepubliseer van Hoofleiers afkomstig van verskeie hoërskole in Suid-Afrika. Hierdie jaar maak ons weer so en vandag gesels ons met Lourens Roeloffze, Hoofseun 2025 van Hoërskool Die Wilgers.

“Ek sien uit daarna om in my leierskapjaar saam met my mede-leiers te groei as mens en mekaar op te bou.

My persoonlike doelwitte vir my leierskapjaar is om aan soveel as moontlik deel te neem en ‘n gevoel van eenheid by die skool te skep. Ons is ‘n familie by die skool.

Die eienskappe van Die Wilgers wat vir my die meeste uitstaan, is dat ons omgee vir mekaar. In alles wat ons doen, is ons altyd daar om te ondersteun.

Aanpassings of veranderinge

Aanpassings of veranderinge wat ek graag by ons skool wil aanbring, is dat die pawiljoen elke Saterdag vol is wanneer ons 1ste span tuis speel. Dit is wanneer die gees die beste is!

Ek sal iemand oorreed om van Die Wilgers hul keuse te maak omdat ons skool ‘n familie is. Ons is ‘n eenheid. Jy is nie net ‘n nommer nie, en elkeen het ‘n geleentheid om hulleself in die kollig te plaas.

My sterkste leiers-eienskap is dat ek hardwerkend is.

Ek verkry samewerking van my span deur van voor af te bevestig dat elkeen vir ‘n rede gekies is en dat ons slegs kan vorentoe gaan as ons saamstaan.

Die persoon na wie ek die meeste opsien is Ivor Swartz. Hy is ‘n jeugpredikant by die kerk en sy storie is ‘n baie groot inspirasie vir my. Hy wys daarop dat mens, ten spyte van omstandighede, altyd na God toe kan draai om jou te help.

Ek dagdroom gereeld oor wat ek gaan doen om te ontspan as ek by die huis kom.

My gunstelling gereg is my pa se skaapvleis met rys, aartappels en wortels. Daar is niks beter as dit nie!

As ek ‘n kombuis-artikel moes wees, sou ek ‘n klitser wees. Ek meng met almal.

My loopbaankeuse is om ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester te word. Ek is van plan om na skool by TUKS te studeer.

Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hswilgers.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal