Hoofmeisie 2023. In ons reeks oor skole se hoofleiers vir volgende jaar, gesels Schools That Rock met Miya Jordaan. Miya, Hoofmeisie van Hoërskool Trio vir 2023, vertel ons meer van haarself en haar leierskap.
“Ek is ‘n uitgesproke mens wat hou van lag en pret hê. Dit is vir my belangrik om “real” te wees en die klein dingetjies in die lewe is vir my belangrik. Ek geniet kultuur soos redenaars, drama en musiek. Ek is ook lief vir my huistaal, Afrikaans.
In terme van leierskap het ek goeie ouers waarby ek baie kan leer van hoe ‘n mens moet leiding neem in die lewe. Die Here openbaar gereeld vir my nuwe dinge. Hy laat my groei en ek vertrou Hom vir insig en só kan ek deur Hom leiding neem. Ek het ‘n hart vir mense en menseverhoudinge. As Hoofmeisie 2023 strewe ek daarna om ‘n verskil te maak, ‘n lig te skyn en iemand te wees rondom wie mense net kan “wees”.
Persoonlike doelwitte
My persoonlike doelwitte vir 2023 is dat ek my tyd goed sal bestuur en goed beplan omdat ek weet hoe besig matriek is. Ek wil mense dien . Ek wil aan die einde van 2023 iets nalaat wat vir jare nog ‘n verskil in Trio sal maak. Verder sal ek die beste van elke dag wil maak sodat ek met vele vreugdevolle herinneringe uit matriek sal stap!
My doelwitte vir Trio tydens my diensjaar, is dat ek graag wil hê dat elkeen wat betrokke is by die skool ‘n “unity shift” in hulle hart en denkwyse sal maak. Ook dat ons positiwiteit oor ons skool sal spreek. Ek vertrou ook vir goeie nuwe tradisies. Trio moet ‘n lekker plek wees met goeie gees. Ons wil nie net fokus op prestasies nie, maar elke leerling, onderwyser en ondersteuner moet die skool geniet.
Hoërskool Trio is ‘n nuwe skool. Mense het onrealistiese verwagtinge aan ons as skool gestel in ons eerste jaar as Trio. Ons het groot prestasies bereik en het soveel om op trots te wees! Rome is nie in een dag gebou nie. Verder het ons ook akademiese spanning en onsekerheid beleef. Ons het ook hande gevat en ‘n gevoel van eenheid geskep met al die veranderinge wat ons in die gesig moes staar. Ek het wel geen twyfel dat ons bo dit gaan uitstyg in 2023.
Mentor
Wat vir my die meeste uitstaan by ons skool, is dat ons, ten spyte van ‘n nuwe begin en baie veranderinge, nooit koers verloor het nie. Ons het groot hoogtepungte bereik en het ongelooflike visie en dryfkrag.
Ek het nie ‘n spesifieke mentor na wie ek opsien nie. Verskillende mense inspireer my in verskeie areas van my lewe. Ek glo mens moet altyd oop wees om iets nuuts te leer uit ander se “journeys” en getuienisse.
Indien ek ‘n kombuis-artikel moet wees, sal ek ‘n ketel wees. Jy maak almal se dag net beter!
My vriende sal my beskryf as iemand wat gemaklik is met mense en sterk staan vir dít waarin ek glo. Ook as iemand wat hou van lag en ‘n goeie tyd kan hê. Hulle sal ook sê dat ek almal altyd moed probeer inpraat, probeer help en te ondersteun waar ek kan.
Wat my motiveer om my doelwitte te bereik, is dat ek eendag wil terug kyk en weet ek het my volle potensiaal bereik. Ons kry net een kans . Ek wil nie geleenthede deur my vingers laat glip nie. Tyd staan nie stil nie.
Sluit by Trio aan
Die rede waarom ek leerders sal aanraai om na Trio te kom, is omdat dit by Trio ‘n prioriteit is om aan jou behoeftes te voorsien. Hoërskool Trio strewe daarna om ‘n familie te wees! Ons is die hartjie van ons dorp. Ons is ‘n nuwe skool met nuwe dinge, nuwe gees en ‘n wye reeks van geleenthede. Kom wees deel van die begin van groot dinge en groot sukses.
Ek is baie lief vir juf. Louisa Uys. Sy verstaan my en sy bied my gunsteling vak aan! Sy is ook my gunsteling onderwyser. Elke onderwyser het iets uniek en spesiaal wat ek by hulle kan leer. Ons onderwysers het ‘n hart vir ons kinders en daarvoor is ons dankbaar.
My toekoms-ideale? Ek wil graag met mense werk! Ek wil net gelukkig wees in die “journey” wat vir my beplan is. Om die regte keuses te maak en ‘n vol lewe te leef met my hartsmense aan my sy. Laastens wil ek ‘n verskil maak in God se koningkryk.
Head Girl 2023
In our series on schools’ Headleaders for next year, Schools That Rock talks to Miya Jordaan. Miya, Head Girl of Trio High School for 2023, tells us more about herself and her leadership.
“I’m an outspoken person who likes to laugh and have fun. It’s also important for me to be “real” and the little things in life are important to me. I enjoy culture such as public speaking, drama and music. I also love my home language, Afrikaans.
In terms of leadership, I have good parents that I can learn a lot from about how one should take the lead in life. The Lord regularly reveals new things to me. He makes me grow and I trust Him for insight and in this way I can lead through Him. I have a heart for people and human relations. I also strive to make a difference, shine a light and be someone around whom people can just “be”.
Personal goals
My personal goals for 2023 are that I will manage my time well and plan well because I know how busy matric is. I want to serve people. I want to leave something at the end of 2023 that will make another difference in Trio for years to come. Furthermore I would like to make the best of every day so that I will walk out of matric with many joyful memories!
My goals for Trio during my year of service are that I would like everyone involved in the school to make a “unity shift” in their hearts and mindsets. Also, that we will speak positivity about our school. I also trust for good new traditions. Trio should be a nice place in good spirits. We don’t just want to focus on achievements, but every pupil, teacher and supporter should enjoy the school.
Trio High School is a new school. People set unrealistic expectations for us as a school in our first year as Trio. We have achieved great achievements and have so much to be proud of! Rome wasn’t built in one day. Furthermore, we also experienced academic stress and uncertainty. We also joined hands and created a sense of unity with all the changes we had to face. I do have no doubt that we will rise above that in 2023.
What stands out most to me at our school is that, despite new beginnings and many changes, we never lost course. We have reached great heights and have incredible vision and drive.
Mentor
I don’t have a specific mentor I look up to. Different people inspire me in various areas of my life. I believe one should always be open to learning something new from others’ journeys and testimonies.
If I have to be a kitchen article, I’ll be a kettle. You’re just making everyone’s day better!
My friends would describe me as someone who is comfortable with people and stands strong for what I believe in. Also as someone who likes to laugh and can have a good time. They will also say that I always try to cheer everyone up, try to help and support where I can.
What motivates me to achieve my goals, is that one day I want to look back and know I have reached my full potential. We only get one chance. I don’t want to let opportunities slip through my fingers. Time does not stand still.
Join Trio
The reason I would advise learners to come to Trio, is because it is a priority at Trio to meet your needs. Trio High School, we aspire to be a family! We are the heart of our town. We are a new school with new things, a new spirit and a wide range of opportunities. Come and be part of the beginning of great things and great success.
I really love Teacher Louisa Uys. She understands me and she teaches my favorite subject! She is also my favorite teacher. Each teacher has something unique and special that I can learn from them. Our teachers have a heart for our children and for that we are grateful.
My future goals? I would like to work with people! I just want to be happy in the journey planned for me. To make the right choices and live a full life with my heart people by my side. Lastly, I want to make a difference in God’s kingdom.
More school news: https://schoolsthatrock.co.za
Photo supplied