Hoofdogter 2025. Die afgelope aantal jare het Schools That Rock onderhoude gepubliseer van Hoofleiers afkomstig van verskeie hoërskole in Suid-Afrika. Hierdie jaar maak ons weer so. Vandag gesels ons met Laura-Mari Lachmann, Hoofdogter 2025 van Hoërskool Die Wilgers in Lynnwoodrif, Pretoria.
” Waarna ek die meeste uitsien in my leierskapjaar, is om ‘n merkwaardige verskil te maak in my skool en ook ‘n goeie voorbeeld vir andere wees.
My persoonlike doelwitte hierdie jaar is om meer trots en deelname by ons skool te verseker onder ons leerders.
Die eienskappe van Hoërskool Die Wilgers wat vir my die meeste uitstaan, is dat ek daarvan hou dat ons skool geleenthede bied vir almal en dat ons ‘n Wilgie-familie is.
Aanpassings
Daar is een aanpassing wat ek graag wil sien gebeur by ons skool. Ek wil graag ons skool se voedselprojek uitbrei.
Indien ek iemand moet oorreed om Hoërskool Die Wilgers hul skool van keuese moet maak, sal ek hulle vertel van al die geleenthede om deel te neem aan verskeie sportsoorte en kultuur. Ek sal hulle ook meer vertel van die samesyn by ons skool.
My sterkste leiers-eienskappe is dat ek goed kan organiseer en ek bly ook redelik kalm onder druk.
Ek verkry samewerking van my span deur hulle te motiveer om saam te werk en sukses te behaal.
Die persoon na wie ek die meeste opsien, is my ma. Sy is goeie voorbeeld vir my. My ma leer my om mense se gevoelens in ag te neem en om te gee met my hele hart. Sy leer my ook om altyd van myself te gee in alles wat ek aanpak – met tyd en omgee.
Ek dagdroom die meeste oor my matriek-vakansie by die see.
My gunsteling gereg is enigiets met pasta!
My loopbaankeuese? Ek wil ‘n Chiropraktisyn word en graag by UJ of Universiteit van Durban gaan studeer.”
Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf









