Hokkie – Seuns van Hoërskool Ermelo se hokkiespanne is gekies as deel van die Mpumalanga oefengroep.
Op Donderdag 28 April het die tweede rondte vir die Mpumalanga seunshokkieproewe plaasgevind.
Armand Coetzer en Stiaan van den Heever is gekies vir die o/14 Mpumalanga-oefengroep. Edrich Beyer is gekies vir die o/18 Mpumalanga-oefengroep.
Die A- en B-spanne word op ‘n later stadium gefinaliseer. Erries is reeds besonder trots op die seuns.
Mag dié vir elkeen ‘n leersame ervaring wees.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf