Cederberg Wynkelders.
Augsburg Landbou Gimnasium van Clanwilliam in die Wes-kaap, se graad 10 Landboubestuur, Landboutegnologie en Landbouwetenskap leerders het onlangs `n uitstappie na Cederberg Wynkelders onderneem.
Die leerders was in drie groepe verdeel en het op `n rotasiebasis aan verskillende afdelings van Cederberg Wynkelders deelgeneem naamlik: kelderbestuur, wingerdboukunde en bierbrouery. Die leerders is deur die bekwame, begeesterde personeel van Cederberg wyne op die hande gedra. Hier is kundiges wat nie huiwer om hulle ondervinding met die jong landbouers te deel nie. Die opvoedkundige toer is afgesluit met `n heerlike braai.
Augsburg leerders kon ook die skoonheid van die Cederberge in volle glorie ervaar tydens hulle besoek aan die bekende Stadsaalgrotte. Na `n uitstappie soos hierdie raak mens bewus van ons Skepper se grootheid en Clanwilliam se unieke erfenis. Die leerders bedank David Nieuwoudt en sy personeel wat hierdie uitstappie moontlik gemaak het asook elke onderwyser wat saam gegaan het op die toer.
Augsburg se uitstappie na Cederberg Wynkelders is een van talle opvoedkundige landboutoere wat in hul gemeenskap plaasvind. Dit is om seker te maak hul landbouers kry maksimum blootstelling van kundiges in die bedryf!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
#AugsburgDisWaarEkWilWees #CederbergBrewery #Karookoptrots #OnsIsLandbouSeToekoms #PassieKweekPassie #ForTheLoveOfAgriculture #CederbergWines
Foto’s verskaf