Hokkie Doelwagterskursus – Merensky Landbou Akademie, Tzaneen se hokkie doelwagters en afrigters het ‘n doelwagterskursus bygewoon. Mnr Reinhardt Blokker, nuwe Astro bestuurder en hokkie afrigter van Merensky, het die kursus aangebied.
Dit het plaasgevind op Vrydag, 30 Augustus en Saterdag, 31 Augustus op die blou astrobaan.
Hierdie teorie- en praktiese kursus het die spelers touwys gemaak as deel van die voorseisoenprogram.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








