Hoëveld Tennisspan. Foto van links: Julie Uys, Madri van Niekerk, Ryno Maritz en Rinehardt Böhmer
Errie-tennisspelers het die afgelope naweek hulself terdeë geniet toe hulle as deel van die Hoëveld Tennisspan kragte gemeet het teen die ander distrikte in Mpumalanga.
Julie Uys, Rinehardt Böhmer en Ryno Maritz is opgeneem in die o.15-span en Madri Van Niekerk in die o.19-span. Die Hoëveld o.15-span eindig derde en die o.19-span behaal ‘n tweede plek.
Erries se volgende stop: EHS Hoëveld Tennistoernooi vanaf 4 tot 7 September.
Die tenniskwartaal is beslis op dreef by EHS!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








