Hoëveld Gholf-liga. Hoërskool Ermelo se gholfspanne het die afgelope seisoen goed gevaar. Die Erries kon vier spanne inskryf vir die Hoëveld-Gholf-liga wat oor vier rondes (Volksrust, Piet Retief, Bethal en Ermelo) beslis word. Na die afloop van al vier rondes eindig die Errie-spanne as volg:
Die A- en B-spanne eindig beide derde en die C-span tweede.
Die C-span dring dus deur na die Mpumalanga-uitspele wat op 1 Augusts sal plaasvind.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf