Hoërskool Witteberg, Bethlehem, maak met trots die Top 10 Graag 11Akademiese presteerders bekend.
Hoërskool Witteberg bied ‘n wye verskeidenheid Kultuuraktiwiteite waarby leerders kan betrokke raak ter verryking van hul kindwees.
Ons het ‘n trotse tradisie van Kultuurprestasies en beskou die aktiwiteite van kardinale belang in elke leerder se ontwikkeling en vaslegging van kernwaardes.
Ons bied die volgende aktiwiteite:
- ATKV – Redenaars
- ATKV – Debat
- ATKV – Tienertoneel
- Cantando – Dogterskoor
- Adiemus – Seunsserenadegroep
- Eisteddfod
- Radikale Redenaars
- TNT & TNT – Band
- Voortrekkers
- ATKV – Jeugtak
- Musiek
- Dans
- Kultuurtoer
- Kultuur Gala – Aand
Hoërskool Witteberg beskik oor uitstekende fasiliteite wat aan die behoeftes van leerders voldoen en sluit die volgende in:
- Die Lavinia Schabort Kleinteater
- Drie oefenlokale met klaviere
- ‘n Kultuurkamer vir Redenaars , Debat en ander byeenkomste.
Leerders wat op `n spesifieke vereiste presteer, mag die kultuurdas aankoop en op sekere dae dra as formele skooldrag.